Atletiek

Hierdie jaar se Interhuis atletiek tussen Blou en Groen was weer baie spannend.

Op twee Februarie het die Bloues en die Groenes mekaar  die stryd aangese!
Die leerders het almal deelgeneem en dit was heerlik om so baie ouers ook teenwoordig te he!

En die wenners was die….Groen span!
Die leerder was die meeste punte van alle atlete op die ASA skaal behaal het, was Helene Baird vir D15 gewigstoot (829).

Junior Victrix Ludorum: Helene Baird                                     Junior Victor Ludorum:  Michail Damon
Senior Victrix Ludorum : Nicola Herbst                                 Senior Victor Ludorum:  Renaldo Abrahams

Ses-en-twintig van ons atlete het aan die Noord-Boland byeenkoms deelgeneem. Die kompetisie was baie sterk. Dan het daar sewe atlete gekwalifiseer om aan die Bolandbyeenkoms deel te neem, naamlik Michael Damon (S/15 100m Hekkies en 300m Hekkies), Helene Baird(D/15 Gewigstoot), Kim Boshoff (D/15 Gewigstoot), Denileo Jantjies(S/17 Hoogspring), Shane Maans(S/17 Verspring), Jade Davids(S/15 800m) en Cassia Julies(D/15 Verspring)

Michael Damons is dan ook in die Bolandspan opgeneem om aan die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe deel te neem, waar hy ook uitstekend gevaar het.