Leierskap

Almal weet dat leierskap regtig van uiterste belang is en dat enige plek, dorp, onderneming, instansie ensovoorts totaal sal platval sonder leierskap, of indien die verkeerde tipe leierskap toegepas word.

Reeds in leerders se skooljare moet hulle die erns daarvan besef en moet die leierskap in elke individu gekweek en ontwikkel word.

Hoërskool De Villiers Graaff bied vir leerders die geleentheid tot leierskapontwikkeling. Daar is soveel terreine waarop leierskap ontwikkel kan word. In die klaskamer, die groter skoolomgewing, in die gemeenskap(Junior Town Council), op die sportveld, sosiaal, kultureel- noem dit maar op.

Besoek gerus die ander skakels onder die “Leierskap” skakel vir verdere inligting