Akademie

DSC_0052 (Custom)  13343024_641859312638814_6913378097614370458_n-custom  13346733_641859369305475_993087383252086304_n-custom

AKADEMIE

Ons streef daarna dat elke leerder uitstyg bo sy vermoë, of dit nou akademies is of in ‘n ander rigting. Om hierdie rede moedig ons die leerders aan om soveel as moontlik aan kompetisies en olimpiades deel te neem.

Die klasgroepe is klein en daarom kry die leerders baie individuele aandag. Die atmosfeer in die klasse is ontspanne, en daar is ‘n vertrouensverhouding tussen leerders en opvoeders. Die leerders is gedissiplineerd en aanvaar verantwoordelikheid vir hulle eie werk.

Ons personeel is elkeen goed opgelei in hul eie vakrigting, en die liefde vir hulle vakgebied word weerspieël in hulle aanbieding van hul vakke. Die opvoeders woon gereeld kursusse by om op hoogte van die huidige kurrikulum te bly. Van die opvoeders word ook gebruik as tutors by ander skole.

Ons vakkeuse vir Graad 8 – 10 bied ‘n opsie vir vele studierigtings.

Ons is baie trots op ons matriek-uitslae van die afgelope paar jaar. (100% slaagsyfer op ‘n gereelde basis)

Dit is vir ons belangrik dat wanneer ons leerders Graad 12 voltooi het, hulle akademies en persoonlik opgewasse is vir die lewe met al sy eise.

• AKADEMIESE EREKLEURE
‘n Leerder kan aan die einde van Graad 10 die eerste keer akademiese erekleure verwerf. Dit word gegrond op hul prestasies die vorige twee jaar.

• 80% – KLUB
Leerders wat tydens formele eksamens 80% of meer behaal het, word die volgende kwartaal as ‘n groep met ‘n ontbyt bederf.

• TOP 10
Die top 10 leerders in elke groep word elke kwartaal aangewys.

Kliek gerus op die skakels onder die Akademie skakel vir verdere inligting ten opsigte van akademie