Senior Leerderraad

Die raad vir 2020 bestaan uit 14 lede:

Hoofdogter:                   Martine Odendal              Hoofseun:                Chad van der Heever
Onderhoofdogter:      Keasha McKenna           Onderhoofseun:    Matthew Thomas

Meisies:  Melissa Engelbrecht,  Jonelle Spamer,   Esihle Madlange, Chantel Hugo, Davina van der Merwe en Sesethu Ntuli.
Seuns:      Andre Both,  Veron Small,  Pierre du Plessis en  Francois Erasmus.

Ons is besonder trots op ons hoofdogter, Martine Odendal, wat een van 50 gekose hoofleiers is wat hele Kaapprovinsie heen, Die Burger se Jeugleierskonferensie in Desember in Kaapstad gaan bywoon.

Ons leerderraad van 2019 was aan die begin van die jaar verantwoordelik vir die verwelkoming van die nuwe graad 8’s, tydens die geleentheid word die waardesisteem van die skool,  die algemene gedragskode en ander belangrike inligting aan die nuwelinge deurgegee.  Dit is voorwaar ‘n naweek wat hulle onthou.

Verlede jaar het die eer ons hoofseun van 2019, Christo Franken, te beurt geval. 2019 se leerderraad het ook aan die begin van 2019 ‘n leierskapseminaar by “Big Oaks” buite Franschhoek bygewoon.

Vanjaar is die skool se 147de verjaarsdag weer met ‘n pretloop/stap voorafgegaan op die 7de Mei. Die deelnemers het figure en karakters van die filmmedia uitgeleef.  Daar was ook ‘n heerlike biefstukbraai vir ouers na die tyd.

Ook het ses van ons leerders die geleentheid gehad om Hoërskool La Rochelle se Leerderleierskonferensie op 7 Mei in die Paarl by te woon.  Die konferensie word jaarliks deur Universiteit Vrystaat geborg en ons leiers kry dan die kans om met die res van die Wes-Kaapse se leiers te meng en bande te bou.

Die leiers van 2020 sien uit na ‘n heerlike nuwe jaar vol uitdagings en ervarings.