Mr and Miss DVG

Hierdie kompetisie word jaarliks aangebied. Graad 10 tot 12 seuns en dogters word deur hulle mede-leerders genomineer om aan hierdie kompetisie deel te neem. Foto’s word van die genomineerdes geneem, en uit hierdie groep word dan tien seuns en tien dogters deur eksterne beoordelaars as finaliste geselekteer.

Hierdie twintig leerders verskyn in totaal vyf keer op die loopplank tydens die gala-aand, en word beoordeel volgens kreatiwiteit, persoonlikheid, houding (attitude) en styl. Daar word ook vooraf individuele onderhoude met elke finalis gevoer, sodat die beoordelaars die leerders van nader kan leer ken.

Die finaliste stem onder eie geledere vir Mnr en Mej Persoonlikheid net voor die einde van die kompetisie. Daar is ook pryse vir Mnr en Mej Fotogenies. Die hoogtepunt van die aand is natuurlik die aankondiging van Mnr en Mej DVG.

Senior leerders tree op as die aankondigers, en behartig ook die klank en ligte.